HERVORMDE GEMEENTE WELTEVREDEN
LIGGING
Die Hervormde Gemeente Weltevreden is geleë in die noordelike dele van Roodepoort en word met belangrike verkeersroetes soos Hendrik Potgieter, Christiaan de Wet, Jim Fouche, John Vorster, JG Strijdom, Beyers Naudè, Gordonweg en Ontdekkersweg in 'n demografiese eenheid gebind. Die woongebiede wat binne die gemeente se bedieningsarea val, is Northcliff, Florida Glen, Bergbron, Fairland, Quellerina, Constantia Kloof, Weltevredenpark, Randparkrif-Wes, Allensnek, Wilgeheuwel, Strubensvallei, Radiokop, Honeydew, Harveston, Featherbrooke en Little Falls.
Indien u dus in enige van hierdie woongebiede woonagtig is en 'n Hervormde lidmaat is, of meer van die Hervormde Gemeente Weltevreden te wete wil kom, laat asseblief u besonderhede hier. Die predikant sal u kontak en u van al die inligting voorsien wat u verder nodig het. U kan ook self die predikant skakel met inligting wat u hier kan bekom.